BLITSIGE BREINTJIES TEMAS:

1. KLEUR

2. TYD

3. DIE SEE

4. VOLS

5. BLOMME EN BOME

6. EK IS SPESIAAL

7. VORMS

8. VORMS

9. PAASFEES

10. ONS HUIS EN GESIN

11. DIE SIRKUS

12. HERFS

13. DIE DIERETUIN

14. KORING EN BROOD

15. VRUGTE

16. GROENTE

17. DIE PLAAS

18. DIE BRANDWEER

19. WINTER

20. TROETELDIERE

21. VERVOER

22. GOEIE MANIERE

23. INSEKTE EN SPINNEKOPPE

24. HIGINE

25. GETALLE

26. DIE DOKTER

27. LENTE EN SOMER

28. DIE POSKANTOOR

29. SUIWELPRODUKTE

30. PADVEILIGHEID

31. WILDE DIERE

32. SPORT

33. ELEKTRISITEIT

34. DIE HOSPITAAL

35. REPTIELE

36. SPEELGOED

37. DIE POLISIE

38. KLERE EN SKOENE

39. KERSFEES

40. KERSFEES.

 

BLITSIGE BREINTJIES IS DIE ALLES-IN-EEN OPVOEDKUNDIGE PROGRAM VIR KLEUTERS

VAN 3 TOT 5 JAAR OUD

DIE PRET-SPEEL-EN-LEER PROGRAM VIR DIE HELE JAAR

BLITSIGE BREINTJIES is n program wat ontwikkel is met die oog op dagmoeders en speelgroepies en kleuterskole wat nie reeds n volledige program het vir die jaar nie, of wat die onderwyseres nie tyd het om dit self uit te werk nie.

Blitsige Breintjies is gemik op kinders jonger as 5. Dus vir die jare voordat hulle na graad R of 0 kan gaan. Dit is dus aanvullend tot die voorskoolse program. Blitsige breintjies is egter gerig om volledig in te pas by die kurricullum van die onderwys departement, en bevat alles wat nodig is om kleuters te leer en te ontwikkel volgens die agt leerareas en met doelgerigte basiese ontwikkeling.

Dit is ook geskik vir persone sonder formele voorskoolse onderwys opleiding, en opvoeders kan verseker wees dat alle aspekte gedek word soos bepaal word deur die onderwys departement.

Die uitkomste van elke oefening word in die aantekeninge aangedui. Dit maak dit maklik om te sien dat die verskillende aspekte van ontwikkeling volledig gedek word deur die jaar.

Die agt leerareas vir kleuters soos sosiale wetenskappe, natuurwetenskappe, wiskunde, taal en kuns en kultuur word reg deur die jaar ingewerk in die program. Dit is maklik om U te oorlaai met slim, groot woorde en idees, dit kan 'n boek op sy eie wees. U kan dit maar gaan naslaan en oplees oor al die aspekte van kinderontwikkeling, maar uiteindelik is dit net belangrik om te weet dat die kleuter genoegsaam gestimuleer word en die program geniet.

Hulle het nog baie jare van skoolgaan wat voorl, en moet op 'n speel-speel manier gehelp en gelei word om gewoond te raak aan die klaskamer en leerprosesse. Kleuters neem deel aan gesprekke, word betrek by besprekings en kom dus nie eers agter dat hulle besig is om te leer nie.

Kleuters word nie met hierdie program geleer om te lees of skryf nie, maar skrifpatrone, wiskundige voorbereiding ens. kry wel aandag as voorbereiding vir graad 0.

Blitsige Breintjies is christelik gebasseer en die bybelverhale is spesiaal verwerk vir kleuters. Daar word gepoog om die lewenswaardes by kleuters te vestig. Kinders word dus nie net geleer nie, maar ook opgevoed. Daar is twee maklike prentjies per week, en een daarvan is spesiaal vir die kleuters om in te kleur.

Die program is ingedeel in 40 weke se leerstof, volgens maklike temas. U sal oorgenoeg materiaal h om die hele jaar lank gedurende termyne die kleuters te kan oplei en onderrig.

Vir U gerief is die prentjies ook beskikbaar op die meegaande cd, sodat dit maklik met enige rekenaar uitgedruk kan word. Dit kan ook gewoon gefotostateer of nagetrek word. Die meeste van die prentjies of patrone is maklik sodat kleiner kinders dit ook kan doen. Groter kinders ( 4 jariges) kan die meeste self teken en behoort ook aangemoedig te word om dit te doen met 'n bietjie hulp.

Ek weet ouers hou daarvan om te sien die kleuter maak die oulike goedjies, maar onthou dat die idee nie is om perfekte kunswerke te skep nie, maar om die kind se ontwikkelling te bevorder. Die eindproduk van elke oefening is dus van die minste belang. Die proses van skep en kreatief wees is baie belangriker. Klem word dus gel op die oefening, bespreking en nie hoe dit lyk as dit klaar is nie. Kinders moet die meeste van die items self skep en dit geniet!!

Aktiwiteitsspeletjies bevorder groot motoriese ontwikkeling, aanvoeling en waardering vir musiek en hulle geniet die rolspele wat 'n belangrike deel vorm van die sosiale ontwikkeling.

Daar is twee oefeninge in elke tema en word twee keer per week herhaal, maar daar is ook nog speletjies wat die kleuter verder ontwikkel t.o.v. geheue, oog bewegings en lateraliteit.

Geniet dit om te sien hoe n kleinding sy vaardighede ontwikkel.

BLITSIGE BREINTJIES IS DIE SPEEL-SPEEL LEER METODE WAT JUFFROU WEES MAKLIK MAAK.

WANT SKOOLHOU VIR KLEUTERS IS MEER AS NET LEER

 

Contact Details: Lucinda

Cell: 083 278 7408

PO Box 5314, Secunda, 2302

BLITSIGE BREINTJIES
kleuterskool programBrainy Bob ProgrameBrainy Bob ProgrameBrainy Bob ProgrameBrainy Bob ProgrameBrainy Bob ProgrameBrainy Bob ProgrameBrainy Bob ProgrameBrainy Bob ProgrameBrainy Bob ProgrameBrainy Bob ProgrameBrainy Bob ProgrameBrainy Bob ProgrameBrainy Bob Programe